Tuesday, 9 July 2013

Combo Special 9 & 11 Julie 2013

Hello Almal!!


Dis weer tyd vir on weekslikse Combo Special!!

Ons het hierdie week 2 Combos om van te kies!

Combo A:

1 x ¼ Hoender (boud & dy), 1 x 250g Sirloin en Boerewors vir R39.95

of

1 x ¼ Hoender (boud & dy), 1 x 200g Fillet en Boerewors vir R46.95

Onthou, dis net terwyl voorrraad hou!!

Gaan na www.moodiesbutchery.co.za vir nog!



Wednesday, 3 July 2013

Braai Pakke en Geelstert!

Ons het besluit om nie hierdie week 'n Combo Special te doen nie. Ons het egter lekker Lam braai pakke!

Die pakke bestaan uit ‘n rib, nek en chops. Kry dit vir slegs R44.95 P/Kg en ‘n pak werk omtrent so R100 uit. Dus is dit bietjie meer as 2kg per pak.

Ons het ook iets spesiaal vir julle hierdie week! Lekker Geelstert vir slegs R40.00 P/Kg!!

Onthou dis net terwyl voorraad hou!! 

Hier is een van ons gunsteling Geelstert braai resepte, geniet hom!


  • Geelstert vis
  • Botter (± 300g)
  • Vars Suurlemoen sap (± 4 El)
  • Appelkooskonfyt (± 3 EL)

Meng bogenoemde bymekaar om ‘n sousie te maak, wat jy dan oor die geelstert smeer terwyl jy hom braai.  Jy kan die appelkooskonfyt smelt in die mikrogolf oond om dit maklik te kan smeer en meng.

Die hoeveelhede gaan afhang van hoeveel vis jy braai en ook jou voorkeur vir ‘n soeter smaak in die sous (dan meer appelkooskonfyt) of ‘n meer suurlemoen vars smaak (dan minder appelkooskonfyt).  Jy meng dit geheel en al na hartelus.

Ons het hierdie lekker resep gekry by http://inenomdiehuis.blogspot.com/2013/03/vis-braai.html


Friday, 28 June 2013

Lekker Braai Resep - Gort-risotto met spek en groente

Daar gaan gemoeg son hierdie naweek skyn om te braai! So ons het gedink om vir julle 'n lekker resep op te sit vir die naweek.

So wys bietjie jou inner Nigella of Gordon Ramsay met hierdie lekker gort-risotto met spek en groente dis! Bedien dit as 'n bykos saam met jou braai-vleis of geniet dit net noos hy is!


Bestandele:

• 30 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 250 ml pêrelgort
• 125 ml witwyn
• 5 x 250 ml warm groenteaftreksel
• 250 g strepiespek, fyngekap
• 300 g groenboontjies, opgesny
• 1 groot rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 125 ml gerasperde parmesaan
• vars basilie, om voor te sit

Metode:

1 Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die ui by en soteer dit tot sag. Voeg die gort by en soteer dit by en roer elke keer goed. Laat dit absorbeer voor jy nog byvoeg. Hou so aan tot die gort sag, maar nog ferm is. Jy sal dalk nie al die aftreksel hoef te gebruik nie.
2 Voeg die wyn by en roer tot alles geabsorbeer is. Voeg omtrent 125 ml warm aftreksel op ’n slag smaak en roer die helfte van die parmesaan by. Roer die spek deur. Sit dit voor met basilie en die res van die kaas.
3 Verhit intussen ’n pan en braai die spek bros. Skep dit uit en hou dit eenkant. Braai die boontjies en soetrissie vir ’n minuut of twee in die vet tot net-net gaar. Voeg die boontjies en soetrissies saam met die laaste aftreksel by. Geur dit na vir twee minute.

Ons het hierdie resep gekry by die wonderlike http://idees.co.za/ . Gaan kyk gerus, daar is wonderlike goedjies daar!

Wednesday, 26 June 2013

Combo Special 25 en 27 Junie 2013

Ons het gedink julle verdien sommer drie Combo Specials hierdie week!


Combo A: 2 x 400g Clubsteak en 2 x 300g A-Fillet vir R 140.00

Combo B: 2 x 400g Clubsteak en 2 x 300g Vark Sirloin vir R 100.00

Combo C: 2 x 300g A-Fillet en 2 x 300g Vark Sirloin vir R 130.00

Kontant aankope kry 5% Afslag. Net terwyl voorraad hou!


Tuesday, 18 June 2013

Combo Special 18 en 20 Junie 2013

Hierdie week se combo special is 1 x 1kg skaaprib, 4 x Chicken "sundowners" en 'n 330ml blikkie Crème Soda!

Kry alles vir slegs R55.00!

Onthou, ons lewer af en dis net terwyl voorraad hou!

Kontak ons vir bestellings! moodies@hcbgroup.co.za of 022 433 2230

Daar gaan hierdie week 'n bietjie sonskyn wees, so daar is geen verskoning om nie te braai nie!


Vir inspirasie:

Hier is 'n lekker "rub" vir jou ribbetjie:

Bestandele:
1. Worcestersous
2. Grof gemaalde swart peper
3. Grof gemaalde koljander
4. Sout na smaak

Kerf die rib aan die buitekant (teenoorgestelde van die beenkant) met ‘n skerp mes, sodat dit lekker regdeur kan braai en die vetjies lekker krakerig kan braai. Vryf dan die speserye en Worcestersous goed in. Dit werk ook goed om die rib reeds vooraf voor te berei.

Braai nou die rib hoër op die kole omdat dit makliker brand as jou gewone tjoppies en jy graag wil hê dat dit lekker deurgaar moet word.   Omdat die rib ‘n bietjie langer vat om te braai kan jy ook die rooster met die rib reeds terwyl jy vuurmaak, langs die vuur op sy kant laat staan, sodat die braaiproses dan al reeds kan begin.  Net nie te naby sodat die rib brand nie.

Ons het die resep gekry by: http://www.carnarvon.co.za

Tuesday, 11 June 2013

Potjiekos Combo 11 Junie 2013

Dis weer tyd vir ons weelikse Combo Special! Hierdie week het ons 'n potjiekos combo! Dit bestaan uit vleis (oxtail, skaapskenkels, volstruisstert of bees stowevleis - dis jou keuse) aartapples en uie.

Kry die combo vir slegs R70.00!! 

Net op Dinsdae en Donderdae terwyl voorraad hou!

Hier is vir julle 'n lekker potjiekos resep wat met enige van die vleise kan gemaak word! 


Hierdie is sekerlik die maklikste pot wat jy in jou lewe sal aanpak. Net 5 bestanddele!!

5 Aartappels in skywe gesny
5 Uie in ringe gesny
1 pak bevrore groenbone
Ongeveer 2kg skaapskenkels en kookvleis
Aromat
 
 
Pak helfte van aartappels onder in pot
Pak helfte van uie op
Pak helfte van vleis op Gooi helfte van groenbone op
Gooi Aromat dat hy sommer geel lê
Herhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat
MOET GEEN ANDER VLOEISTOF BYVOEG NIE Sit pot op kole wat nie vreeslik warm is nie.
Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar.

Ons het die resep gekry by www.boerekos.com indien julle meer resepte soek!

Geniet dit!

Moodies by die Hoërskool Dirkie Uys Gholf dag

Ons was baie trots om ‘n gat te borg by die Hoërskool Dirkie Uys se gholf dag by Moorreesburg Gholf Klub.

Die 18de Mei 2013 was 'n beeldskone sonskyn dag, perfek vir 'n ronte gholf!


Hier is so paar fotos van die lekker dag: