Daar gaan gemoeg son hierdie naweek skyn om te braai! So ons het gedink om vir julle 'n lekker resep op te sit vir die naweek.
So wys bietjie jou inner Nigella of Gordon Ramsay met hierdie lekker gort-risotto met spek en groente dis! Bedien dit as 'n bykos saam met jou braai-vleis of geniet dit net noos hy is!
Bestandele:
• 30 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 250 ml pêrelgort
• 125 ml witwyn
• 5 x 250 ml warm groenteaftreksel
• 250 g strepiespek, fyngekap
• 300 g groenboontjies, opgesny
• 1 groot rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 125 ml gerasperde parmesaan
• vars basilie, om voor te sit
Metode:
1 Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die ui by en soteer dit tot sag. Voeg die gort by en soteer dit by en roer elke keer goed. Laat dit absorbeer voor jy nog byvoeg. Hou so aan tot die gort sag, maar nog ferm is. Jy sal dalk nie al die aftreksel hoef te gebruik nie.
2 Voeg die wyn by en roer tot alles geabsorbeer is. Voeg omtrent 125 ml warm aftreksel op ’n slag smaak en roer die helfte van die parmesaan by. Roer die spek deur. Sit dit voor met basilie en die res van die kaas.
3 Verhit intussen ’n pan en braai die spek bros. Skep dit uit en hou dit eenkant. Braai die boontjies en soetrissie vir ’n minuut of twee in die vet tot net-net gaar. Voeg die boontjies en soetrissies saam met die laaste aftreksel by. Geur dit na vir twee minute.
Ons het hierdie resep gekry by die wonderlike http://idees.co.za/ . Gaan kyk gerus, daar is wonderlike goedjies daar!
No comments:
Post a Comment