Hello Almal!!
Dis weer tyd vir on weekslikse Combo Special!!
Ons het hierdie week 2 Combos om van te kies!
Combo A:
1 x ¼ Hoender (boud & dy), 1 x 250g Sirloin en Boerewors vir R39.95
of
1 x ¼ Hoender (boud & dy), 1 x 200g Fillet en Boerewors vir R46.95
Onthou, dis net terwyl voorrraad hou!!
Gaan na www.moodiesbutchery.co.za vir nog!
Moodies is well known for its Matured Steaks throughout the West Coast. Tel: 022 433 2035 Moorreesburg, Western Cape · moodiesbutchery.co.za
Tuesday, 9 July 2013
Wednesday, 3 July 2013
Braai Pakke en Geelstert!
Ons het besluit om nie hierdie week 'n Combo Special te doen nie. Ons het egter lekker Lam braai pakke!
Die pakke bestaan uit ‘n rib, nek en chops. Kry dit vir slegs R44.95 P/Kg en ‘n pak werk omtrent so R100 uit. Dus is dit bietjie meer as 2kg per pak.
Ons het ook iets spesiaal vir julle hierdie week! Lekker Geelstert vir slegs R40.00 P/Kg!!
Onthou dis net terwyl voorraad hou!!
Hier is een van ons gunsteling Geelstert braai resepte, geniet hom!
- Geelstert vis
- Botter (± 300g)
- Vars Suurlemoen sap (± 4 El)
- Appelkooskonfyt (± 3 EL)
Meng bogenoemde bymekaar om ‘n sousie te maak, wat jy dan oor die geelstert smeer terwyl jy hom braai. Jy kan die appelkooskonfyt smelt in die mikrogolf oond om dit maklik te kan smeer en meng.
Die hoeveelhede gaan afhang van hoeveel vis jy braai en ook jou voorkeur vir ‘n soeter smaak in die sous (dan meer appelkooskonfyt) of ‘n meer suurlemoen vars smaak (dan minder appelkooskonfyt). Jy meng dit geheel en al na hartelus.
Ons het hierdie lekker resep gekry by http://inenomdiehuis.blogspot.com/2013/03/vis-braai.html
Labels:
braai,
butchery,
Combo special,
geelstert,
Moodies Butchery,
moorreesburg,
resep,
skaap,
vis,
vleis
Friday, 28 June 2013
Lekker Braai Resep - Gort-risotto met spek en groente
Daar gaan gemoeg son hierdie naweek skyn om te braai! So ons het gedink om vir julle 'n lekker resep op te sit vir die naweek.
So wys bietjie jou inner Nigella of Gordon Ramsay met hierdie lekker gort-risotto met spek en groente dis! Bedien dit as 'n bykos saam met jou braai-vleis of geniet dit net noos hy is!
Bestandele:
• 30 ml olyfolie
• 30 ml botter
• 1 ui, gekap
• 250 ml pêrelgort
• 125 ml witwyn
• 5 x 250 ml warm groenteaftreksel
• 250 g strepiespek, fyngekap
• 300 g groenboontjies, opgesny
• 1 groot rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
• 125 ml gerasperde parmesaan
• vars basilie, om voor te sit
Metode:
1 Verhit die olyfolie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die ui by en soteer dit tot sag. Voeg die gort by en soteer dit by en roer elke keer goed. Laat dit absorbeer voor jy nog byvoeg. Hou so aan tot die gort sag, maar nog ferm is. Jy sal dalk nie al die aftreksel hoef te gebruik nie.
2 Voeg die wyn by en roer tot alles geabsorbeer is. Voeg omtrent 125 ml warm aftreksel op ’n slag smaak en roer die helfte van die parmesaan by. Roer die spek deur. Sit dit voor met basilie en die res van die kaas.
3 Verhit intussen ’n pan en braai die spek bros. Skep dit uit en hou dit eenkant. Braai die boontjies en soetrissie vir ’n minuut of twee in die vet tot net-net gaar. Voeg die boontjies en soetrissies saam met die laaste aftreksel by. Geur dit na vir twee minute.
Ons het hierdie resep gekry by die wonderlike http://idees.co.za/ . Gaan kyk gerus, daar is wonderlike goedjies daar!

Wednesday, 26 June 2013
Combo Special 25 en 27 Junie 2013
Ons het gedink julle verdien sommer drie Combo Specials hierdie week!
Combo A: 2 x 400g Clubsteak en 2 x 300g A-Fillet vir R 140.00
Combo B: 2 x 400g Clubsteak en 2 x 300g Vark Sirloin vir R 100.00
Combo C: 2 x 300g A-Fillet en 2 x 300g Vark Sirloin vir R 130.00
Kontant aankope kry 5% Afslag. Net terwyl voorraad hou!

Tuesday, 18 June 2013
Combo Special 18 en 20 Junie 2013
Hierdie week se combo special is 1 x 1kg skaaprib, 4 x Chicken "sundowners" en 'n 330ml blikkie Crème Soda!
Kry alles vir slegs R55.00!
Onthou, ons lewer af en dis net terwyl voorraad hou!
Kontak ons vir bestellings! moodies@hcbgroup.co.za of 022 433 2230
Daar gaan hierdie week 'n bietjie sonskyn wees, so daar is geen verskoning om nie te braai nie!
Vir inspirasie:
Hier is 'n lekker "rub" vir jou ribbetjie:
Bestandele:
1. Worcestersous
2. Grof gemaalde swart peper
3. Grof gemaalde koljander
4. Sout na smaak
Kerf die rib aan die buitekant (teenoorgestelde van die beenkant) met ‘n skerp mes, sodat dit lekker regdeur kan braai en die vetjies lekker krakerig kan braai. Vryf dan die speserye en Worcestersous goed in. Dit werk ook goed om die rib reeds vooraf voor te berei.
Braai nou die rib hoër op die kole omdat dit makliker brand as jou gewone tjoppies en jy graag wil hê dat dit lekker deurgaar moet word. Omdat die rib ‘n bietjie langer vat om te braai kan jy ook die rooster met die rib reeds terwyl jy vuurmaak, langs die vuur op sy kant laat staan, sodat die braaiproses dan al reeds kan begin. Net nie te naby sodat die rib brand nie.
Ons het die resep gekry by: http://www.carnarvon.co.za

Tuesday, 11 June 2013
Potjiekos Combo 11 Junie 2013
Dis weer tyd vir ons weelikse Combo Special! Hierdie week het ons 'n potjiekos combo! Dit bestaan uit vleis (oxtail, skaapskenkels, volstruisstert of bees stowevleis - dis jou keuse) aartapples en uie.
Kry die combo vir slegs R70.00!!
Net op Dinsdae en Donderdae terwyl voorraad hou!
Hier is vir julle 'n lekker potjiekos resep wat met enige van die vleise kan gemaak word!
Hierdie is sekerlik die maklikste pot wat jy in jou lewe sal aanpak. Net 5 bestanddele!!
5 Aartappels in skywe gesny
5 Uie in ringe gesny
1 pak bevrore groenbone
Ongeveer 2kg skaapskenkels en kookvleis
Aromat
Pak helfte van aartappels onder in pot
Pak helfte van uie op
Pak helfte van vleis op Gooi helfte van groenbone op
Gooi Aromat dat hy sommer geel lê
Herhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat
MOET GEEN ANDER VLOEISTOF BYVOEG NIE Sit pot op kole wat nie vreeslik warm is nie.
Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar.
Ons het die resep gekry by www.boerekos.com indien julle meer resepte soek!
Geniet dit!
Moodies by die Hoërskool Dirkie Uys Gholf dag
Ons was baie trots om ‘n gat te borg by die Hoërskool Dirkie
Uys se gholf dag by Moorreesburg Gholf Klub.
Labels:
borg,
butchery,
golfdag,
Moodies Butchery,
moorreesburg,
vleis
Thursday, 6 June 2013
Moodies se Maklike Bees/Skaapvleis Groentesop Resep
BESTANDDELE
600g Bees/Skaapvleis
200g uie
½ pakkie sopmengsel (gort, ens.)
1 pak gemengde groente
2 eetlepels Worcestersous (indien verkies)
1 pakkie groentesoppoeier
sout en peper na smaak
2 liter water
METODE:
Sny al die groente fyn/grof soos U dit verkies
Braai vleis in 2 eetlepels olie tot dit geseël is
Gooi alles saam in drukkoker, behalwe soppoeier
Kook vir 'n driekwartuur
Haal van plaat af, en voeg soppoeier by
Kook 'n verdere 15 minute
Bedien met 'n glimlag
Kry nou jou Sop Hamper by Moodies vir slegs R 50(Beesvleis)/R52.95 (Skaapvleis)
Skakel 0224332230 vir bestellings of navrae
Labels:
bees,
butchery,
groente,
Moodies Butchery,
moorreesburg,
skaap,
sop,
sopmengsel,
vleis,
Worcestersous
Tuesday, 4 June 2013
Combo Special en Hampers!
Hierdie week se Combo Special is:
800g Skaaprib
400g Boerewors
Kry als vir R59.95 Dinsdae en Donderdae net terwyl voorraad hou!
Het jy geweet ons het Hampers te koop? Daar is drie opsies om van te kies:
Hamper 1: R350.00
1kg Mince
1kg Beef Stewing Meat
1kg Mutton Stewing Meat
1kg Boerewors
1kg Pork Chops
2kg Whole Chicken
1kg Viennas or Polony
Hamper 2: R500.00
2kg Mince
2kg Beef Stewing Meat
2kg Mutton Stewing Meat
2kg Boerewors
1kg Pork Chops
2kg Whole Chicken
1kg Viennas or Polony
Hamper 3: R650.00
1.5kg Mince
2kg Beef Stewing Meat
2kg Mutton Stewing Meat
2kg Boerewors
1kg Pork Chops
2kg Whole Chicken
2kg Steak
1kg Viennas of Polony
Dis ideaal vir die van ons wat op 'n "tight budget" is. Hamper 1 is genoeg vir 2 mense vir een maand! Dis ongelooflike waarde!
Tuesday, 28 May 2013
Combo Special: Dinsdag 28 Mei and Donderdag 30 Mei
Kan jy aan iets lekkerder dink op hierdie koue winters dag as 'n Waterblommetjie bredie? Ons ook nie! So vandag se Combo is:
500g Aartappels
300g Uie
400g Waterblomme
400g Skaapstowe / 400g Beesstowe (jou keuse)
Als vir R 42.95 per Combo!!
Moenie vergeet van die Foursquare special nie! Kry 'n 440ml Coke saam met jou Combo as jy "in-check" op Foursquare!
Maak gou!! Net tot voorraad hou!!
Thursday, 23 May 2013
Combo Special Dinsdae & Donderdae
Soos julle mag weet, het ons Dinsdae en Donderdae "Combo Specials". Hierdie week het ons iets nuuts probeer....
Hierdie week se "Combo Special" was soos volg:
Vir slegs R59.95 kry jy die volgende:
1x 450g Club Steak
4x Hoendersosaties
En om dit nog beter te maak, 'check in' op Foursquare en kry n blikkie 440ml Coke pasella saam met die Combo!!
1x 450g Club Steak
4x Hoendersosaties
En om dit nog beter te maak, 'check in' op Foursquare en kry n blikkie 440ml Coke pasella saam met die Combo!!
Wat is Foursquare? Ek verduidelik gou!
Foursquare is 'n "location based application" wat werk op jou slimfoon. Jy kan dit kry op Blackberry, Andriod en Iphones. Jy kan by besighede "In Check" en indien hulle enige specials het op Foursquare kan jy dit so "claim" by hulle. Hoe meer jy "In Check" hoe meer punte kry jy ens.
Om meer te lees hieroor gaan na http://en.wikipedia.org/wiki/Foursquare. Daar verduidelik hulle alles.

So kyk uit volgende week vir ons nuwe 'Combo Specials' en moenie uitmis nie!
Subscribe to:
Posts (Atom)